Vysel en stamper

'n Vysel en stamper van porselein wat in die kombuis en apteke gebruik word.

'n Vysel en stamper is 'n stel van twee eenvoudige werktuie wat gebruik word om bestanddele en ander stowwe voor te berei deur hulle fyn te druk of maal. Dit word in 'n kombuis, laboratorium of apteek gebruik om 'n poeier of pasta te maak. Die vysel is 'n soort bak wat gewoonlik van metaal, harde hout, porselein of 'n harde gesteente soos graniet gemaak is. Die stamper is 'n stomp, knuppelagtige voorwerp. Die stof wat gemaal moet word, word in die vysel geplaas en met die stamper gestamp of gedruk totdat die verlangde tekstuur bereik is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search